Wolwedans in Die Skemer

35.76 SGD
会員価格
32.19

Product Description

Hierdie verhaal van Leon van Nierop is 'n fenomeen wat oorspronklik die lig gesien het as radiovervolgverhaal (1979), toe 'n roman geword het (1983), daarna 'n televisiereeks (1985) - en nou word dit in Oktober vanjaar uitgereik as rolprent, die eerste "Boere-noir". Leon het self die draaiboek geskryf, en dit het hom geinspireer om weer hierdie roman te skep! Dit is dus 'n totaal nuwe roman wat tot stand gekom het, met dieselfde geliefde karakters as destyds, maar geplaas in die hier-en-nou van hedendaagse Suid-Afrika. Die mooi jong Sonja Daneel beland in Hazyview in 'n motorongeluk. Sy herwin haar bewussyn, maar ly egter aan geheueverlies. Sy herstel by die skouspelagtige Hotel Njala, en raak betrokke by die intriges en lotgevalle van 'n formidabele familie wie se lewens onlosmaakbaar verbind is aan die onheilspellende hotel. Voeg hierby geraamtes uit Sonja se eie verlede wat spoedig hul opwagting begin maak en die tafel is gedek vir 'n heerlike, spannende storie wat lesers nie sal kan neersit nie.

Hierdie verhaal van Leon van Nierop is 'n fenomeen wat oorspronklik die lig gesien het as radiovervolgverhaal (1979), toe 'n roman geword het (1983), daarna 'n televisiereeks (1985) - en nou word dit in Oktober vanjaar uitgereik as rolprent, die eerste "Boere-noir".

Available to Order

Usually dispatches within 3-4 weeks

While every attempt has been made to ensure stock availability, occasionally we may run out of stock at our stores.

ご注文金額 50.00 SGD以上で国内送料無料

Discount is applied at checkout.

Recently Viewed Items

Related Products