Die reise van Isobelle (2nd)

47.61 SGD
Member Price
42.85

Product Description

Die reise van Isobelle neem 'n hele eeu, van 1894 tot 1994, in oenskou. Van die Anglo-Boereoorlog met sy konsentrasiekampe, tot die Struggle wat uitloop op 'n nuwe politieke bedeling in Suid-Afrika. Enersyds bied die skrywer 'n panoramiese blik op groot omwentelinge, andersyds 'n intieme kyk op die persoonlike belewenisse van vier generasies van 'n blanke Afrikaanse familie in Afrika. Veral die hartstogte wat hulle dryf en sin gee aan hul bestaan. By ds. Josias van velde, hartstog vir God, by name die Verbondsgod van die Afrikaner. Daarom is die wit konsentrasiekamptentjie wat hy van dankbare Boervroue in skrynende omstandighede ontvang, vir hom so kosbaar. By sy skoondogter Angens, die hartstog vir die 'pa' wat haar weggestuur het uit Brits Oos-Afrika, en wat sy op 'n manier terugvind by die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument. Die erotiese en die opwelling van nasionale gevoel loop vir haar hier saam. Haar dogter, Belle, vind die groot hartstog: 'n passie wat alles oorskry, maar leef haar te pletter teen wette en gesindhede wat harte skei op grond van velkleur. Belle se dogter, Leo, bevry van die houvas van volksleiers se futiele visioene, stry vir 'n regverdiger bestel, en brei so die weg vir 'n voller lewe: die derde Isobelle. Anders as in die tradisionele 'familieroman' is die hoofkarakters hier vroue, en dit is juis die vroulike perspektief wat toon hoe die politiek in persoonlike lyding gestalte kry.

Die reise van Isobelle neem 'n hele eeu, van 1894 tot 1994, in oenskou. Van die Anglo-Boereoorlog met sy konsentrasiekampe, tot die Struggle wat uitloop op 'n nuwe politieke bedeling in Suid-Afrika.

Available to Order

Usually dispatches within 3-4 weeks

While every attempt has been made to ensure stock availability, occasionally we may run out of stock at our stores.

Free domestic shipping on orders over 50.00SGD

Discount is applied at checkout.

Recently Viewed Items

Related Products