34.77 SGD
Member Price
31.30

Product Description

Deon Opperman het verlede jaar Afrikaners aan die praat gehad met sy kykNET-reeks Hartland. In die reeks kyk hy na die uitwerking van 'n veranderende samelewing op een familie - die politiek van transformasie en verset. Sentraal in die reeks is die patriarg Jan Cilliers (Marius Weyers het die rol vertolk), hoof van African Queen, 'n maatskappy wat skoonheidsmiddels maak. Na sy dood ontstaan groot wedywering in die familie om die hart van die maatskappy, maar in die proses word baie drome verpletter. Opperman benut verskeie aktuele verhaalelemente om die reeks woema te gee: BEE, die moord, execution-style, van bejaarde wit egpare deur swart inbrekers, getraumatiseerde soldate van die apartheid-regime wat by hul predikante aanklop om leiding - en die herstel van hul geloof. As teenwig vir die emosioneel hooggespanne onderdele van die reeks, is daar ook 'n tienerliefde wat blom en 'n ou huwelik wat skielik geen sin meer het nie, maar Opperman se meesterlike slot berus op twee heel ander sake: die rol van Afrikaner-weerstandsbewegings, en planne wat Jan Cilliers lank voor sy dood gemaak het om die voortbestaan van sy maatskappy te verseker.

Deon Opperman het verlede jaar Afrikaners aan die praat gehad met sy kykNET-reeks Hartland. In die reeks kyk hy na die uitwerking van 'n veranderende samelewing op een familie - die politiek van transformasie en verset.

Available to Order

Usually dispatches within 3-4 weeks

While every attempt has been made to ensure stock availability, occasionally we may run out of stock at our stores.

Free domestic shipping on orders over 50.00SGD

Discount is applied at checkout.

Recently Viewed Items

Related Products